12 Desember 2016
Vandag het n buurman van my n groot verandering aan sy boerdery gemaak. Na jare se praat het hy die groot stap geneem om granate te plant. My eerste blok granate het ek ook middel Desember geplant. Laat ons nou maar eerlik wees, om bome die tyd van die jaar te plant in Wellington moet n man hare op jou tande hê. Ek weet die man het hare op sy tande. Sterkte, mag jy baie geluk en vreugde oes en mag dit vir jou n finansiële sukses wees.
Wat is belangrik as mens bome die tyd van die jaar plant. Water, water en water. Los n dammetjie om die boom nadat jy dit toegemaak het en maak dit vol met n tuinslang. Kom weer dieselfde dag terug en maag weer nat. Gooi dan die gat heel toe sodat daar nie vry water om die boom staan nie. Die boom moet klam gehou word.
Dit is ook baie belangrik om n riet by die boom te plant en dit stewig vas te maak. Neem vooraf n besluit oor die bemestingsprogram wat jy gaan volg asook hoe jy die onkruid gaan beheer.
Wat gebeur hierdie tyd van die jaar in die granaat boorde?
Ek is nou klaar met die onkruid beheer. Die boorde is mooi skoon. In ń droeë jaar soos vanjaar is dit veral belangrik om die onkruide weg te hou en so water te bespaar. Met waterbesparing en onkruidbeheer in gedagte gaan ek ook die week kompos gooi op die bankies van die Wonderfull boord. Ek het reeds vroeër vanjaar kompos by die Hertskovitz gegooi. Ek kan reeds die resultate daarvan sien.
Die kunsmis program loop ook nou voluit. Ons maak nou klaar met die seldelings bemesting en gaan oor na die selvergrotings program. Van nou af gee ek meer Kalium en Calsium.
Die ander belangrike werk is om die FCM dop te hou. Die valle word gereeld nagegaan. Ons spat nou elke 21 dae checkmate flo en sodra ons iets in die valle kry spuit ons.
Wat is nou belangrik?
Besproeiing: Maak seker jy gee genoeg en gereeld water.
Kunsmis: Die bome het nou die regte hoeveelheid kunsmis in die regte verhouding nodig om groot vrugte te vorm. Moenie van boor en sink blaarvoeding vergeet nie. Dit hou die skille elasties en verhoed dat die vrugte kraak, veral belangrik in Wonderfull.
Insekte: Kyk die valle gereeld en maak betyds ingeligte besluite.
Paulus: Soos hy gesryf het: BID GEDURIG!
Iemand sê eendag vir my, boere is die beste waarnemers, wat hulle met hulle waarnemings maak is waar dinge verkeerd loop.
Dus, neem waar, bepeins, beplan en laat dit gebeur.
Granaat groete
Monday, December 12, 2016
Monday, November 21, 2016
Op die plaas
21/11/16
Ek kry gereeld die vraag: Wat doen julle nou op die plaas? Oes julle al? Ongelukkig bestaan ons jaar nie net uit oes nie. Daar is 'n hele reeks aksies wat gedoen moet word om ons instaat te stel om wel te oes. Na die oes is daar weer 'n ander stel take wat moet gedoen word om te verseker dat ons wel volgende jaar sal kan oes.
Tot nou toe die seisoen het ons gespuit. Baie gespuit en nog 'n bietjie gespuit. Moenie te bekommerd raak nie. Baie hiervan was biologies en ook organies. Die peste en plae is maar altyd met ons en ons en ons moet veg daarteen. Later meer hieroor.
Laas week het ons begin om waar twee of meer granate bymekaar geset het die ekstras uit te breuk. ons wil hê die granate moet enkel hang. Ek het al tot ag granate gekry wat in n trossie hang. Dit lyk mooi maar is nie werklik bemarkbaar nie. Aangesien die granate meer as een volblom het sal ons dit nog so paar keer moet doen.
Hierdie week het ons begin om, om die granate oop te knip. Om een of ander rede dink die verbruiker dat 'n granaat met krapmerke nie so lekker is as een sonder krapmerke nie. Nou knip ons van die takkies naby die vrugte weg om krapmerke te probeer voorkom. Knip ons te min weg, krap die takkies nog steeds. knip ons teveel weg kan die son die vrug brand en dan kan ons net sap maak daarvan. Dit is 'n werk wat met sorg gedoen moet word. Hierdie werk moet ook herhaal word omdat die vrug weer nader aan takke sak soos dit swaarder word.
Laat ek liewer gaan kyk hoe die span vorder en of hulle reg werk. Volgende keer meer oor peste en plae en plaerige peste.

Saturday, November 19, 2016
Wonderfull
19 November2016
Wonderfull is my derde kultivar op Blydeverwacht. Ek dink op n stadium het granaat boere oor die wêreld n bietjie vasgehak by die naam Wonderfull. Nou is daar n geweldige groot verskeidenheid Wonderfull kllone beskikbaar.
Die kloon wat ons het dra baie goed, het n mooi vruggrote en behaal n mooi rooi kleur.
Hoekom hou ek van Wonderfull? Dit gee n baie hoë produksie per Ha. Groot vrugte wat die oes proses vergemaklik. Dit is baie minder siektegevoelig as die ander kultivars. Die grootste voordeel is seker die langer raklewe.
Daar is egter n paar nadele ook. Die grootste kopseer is sonbrand. Hier in ons Wellingtonse son brand die vrugte baie maklik. Dit maak sulke swart kolle op die vrugte wat dit slegs geskik maak vir sap. Verder is die vrugte geneig om te kraak. My uitvoerder beweer dat as 10 present van die vrugte gekraak het dan weet jy dit is reg om geoes te word. Elke gekraakte vrug moet vir sap gelewer word en dit is n groot hartseer om vrugte so te verloor.
Wonderfull word ook die laatste geoes wat maak dat dit meer water gebruik as die ander kultivars.
Dit is egter goed om met meer as een kultivar te boer. Dit verspreinjou arbeid en risiko.
Emek, Kingdom en Angel Red sit op die stadium in die paviljoen en wag. Ek hoop om volgende jaar Emek te plant en dan later die ander twee.

Friday, November 18, 2016
2016 Seisoen
18 November 2016
Snoeityd het gekom en gegaan. Planttyd is soos n droom verby. Die jong blokke het n opleistelsel gekry en is op drade vasgemaaak. Nou is die seisoen in volle gang. Op hierdie oomblok lyk dit of dit maar stadig aan die gang kom. Die blomme is laat, die weer is koel en ons begin weekliks vrugte aan die bome tel. Lyk vir my ons is 10 tot 14 dae laat.
Hier op Blydeverwacht en TOP Nursery stoomroller als egter voort. Die wingerd werk is op skedule sodat alle aandag aan die granate gegge kan word sodra ons moet begin. Ons het reeds die week begin om die trossies vrugte wat reeds geset het uit te dun. Ons het dit net in die Hertskovitz en Wonderfull gedoen. Vir die Acco sal ek geduldig en in spanning wag tot Desember. Dit is nou een ding van die Acco, hy is geduldig om vrugte te vorm en ongeduldig om geoes te word. Wanneer die vrugte eers daar sit haas hulle hulle self ryp en kan nie wag in di ereis na Europa te onderneem nie.
Die Acco is my gunsteling kultivar. Miskien is dit omdat ek maar een van daardie ouens is wat n uitdaging soek en aangry. Dit is die kultivat wat die meeste siekte gevoelig is. Dit sukkel ook die meeste om vrugte te set. Kort raklewe. Klein vrugte. Tog is dit dié een waarvan ek die meeste hektare het. Hoekom? Wel die Acco hou my dieselfde tyd op my tone en op my knieë. Dit is goed!
As jy van uitdagings hou is die Acco vir jou.
Dit bring my by die Hertskovitz. Mooi en rooi. Groot vrugte. Aantreklik en die een waarmee alaml wil boer. Dit is nou tot jy hom moet oes en proe.
Kom ons praat eers van die oes. Dit verg presiesie, geduld en spoed. Nou hoe bring ek dit bymekaar. Wel, wanneer jy hom te vroeg oes, sal geen mens hom wil eet nie. Wanneer jy hom te laat oes, gaan daar net so pap sopperige vrug in Europa aankom. Die kuns lê in die lees van die kroon. Ja jy het reg gelees. Die kroon moet ryp wees, maar oo weë as dit oorryp is en verlep gooi dit maar liewers aan die kant van die oseaan weg. Nou hoe lank is ryp en verlep uitmekaar. Partykeer kan dit n paar dae wees en soms wanneer dit warmer is as wat dit moet wees kan dit een dag wees. Ja, jy lees reg. Vandag het jy n gesonde vrug, môre het jy niks.
Al klink dit moeilik is dit nie die rede hoekom niemand hom meer wil plant nie. Die rede daarvoor lê in sy smaak. Dit is n suur affêre. Kyk einlik is dit net die Russe wat van hom hou. Ek dink hulle hou ook maar net van hom omdat hulle anders wil wees. Blykbaar gaan die suur pitte ook lekker saam
mer Vodka. Self het ek dit nog nie probeer nie.

Wednesday, November 11, 2015
Vrystaande bome of oplei.
Ons almal wil mos maar soveel as moontlik inkomste verdien vir ons moeite. Ek kan dit tot op 'n punt doen deur my uitgawes te sny of om die produksie en kwalitiet van my oes te verhoog. Voeg daarmee saam die feit dat ek meer effektief kan spuit en arbeidsaksies kan spaar. Alles redes wat my beweeg het om in draad en pale te bele.
Dit is tot enige boer se voordeel om so vinnig as moontlik na plant die boord in produksie te kry. 'n Opleistelsel help hiermee omdat die bome baie vinniger kan groei wanneer dit vasgemaak is aan die drade. Die wind beur nou nie die bome heen en weer en beperk die groei nie. Natuurlik hoef die raam takke ook nie so stewig te wees voor die oes aangesit word nie, want die drade ondersteun nou die gewig van die oes. Voeg daarby die feit dat die vrugte minder skaafplekke behoort te kry omdat die takke geanker het en dit raak al die moeite werd om op te lei.
Die voordele stop egter nie hier nie. Weens die vorm wat die boom aanneem is dit baie maklik om die vrugte met die spuitstowwe te teiken. Die kersie op die koek is egter dat as ek die hoek van die stelsel kan regkry, die sonbrand ook baie minder te wees. Natuurlik hoop ek om dit heeltemal uit te skakel.
Die doelwit is dus om 'n stewige struktuur daar te stel, teen die regte hoek om sonbrand te probeer voorkom sonder om vrugbaarheid weens oorskaduwing in te boet. Maklik ne!
Ek het 3 meter paal lengtes gekies, lekker groot ankers en vier drade op 'n kant. Kom ons vat dit eerder stap vir stap.
Die pale word aanmekaar gesit teen die verlangde hoek.

Die aanmekaarsit hiervan gaan redelik vinnig. Om dit egter in die boord te kry is 'n perd van 'n ander kleur.
Daar gaan maar min van hierdie strukture op 'n wa en dit is nie maklik hanteerbaar nie
Nou volg die gate se maak. gelukkig is daar masjiene wat daarvoor gebruik kan word.
Terselfdertyd moet daar voorsiening gemaak word vir ankers. Die maklike manier is om te gaan koop. dit in 'n gat te gooi en te vergeet daarvan. Natuurlik is daar ander maniere ook as die maklik manier, onder andere die goedkoper manier.
Eers word die vorm gebou. Elke anker is 400x400x150 mm.
Kyk net om weer na die proses te kyk maak my sommer moeg van voor af. Volgende keer vat ons dit verder.
Met die oprig van die stelsel het ek 5 belangrike lesse geleer.
1) Beplan
2) Beplan
3) Beplan
4) Beplan
5) Doen
Nou moet ek eers gaan beplan want more moet ek doen.

![]() |
| Drie vorms wat elkeen 49 ankers kan maak. |
![]() |
| Skuif die sement tot op die regte plek. |
![]() |
| Natuurlik help dit as die sement so by jou aankom. |
![]() |
| Riete is in die boog van die yster om dit regop te hou. |
![]() |
| En siedaar ankers wat jou blok geanker sal hou. |
![]() |
| My seun se hand as bewys dat dit harde werk is. |
Met die oprig van die stelsel het ek 5 belangrike lesse geleer.
1) Beplan
2) Beplan
3) Beplan
4) Beplan
5) Doen
Nou moet ek eers gaan beplan want more moet ek doen.
Thursday, November 5, 2015
Die granaat seisoen vorder goed.
November 2015
Ek het lanklaas hier geskryf. Ek kan nou voorgee dat ek te besig was, of dat die seisoen stil was en niks gebeur het nie. Die waarheid is dat ek net nie die moeite gedoen het nie. Die dae het weke geraak en die weke het maande geraak. Skryf kom nou nie juis natuurlik vir hierdie boer nie.
Hierdie was 'n besige winter vol beplanning. Ek het begin om die granate op 'n opleistelsel te sit. Die oudste boorde los ek net soos dit is. Ek het hulle goed gesnoei en baie fyn takke uitgedun. Daarna het ek seil bande om die raamtakke gesit om die boom te stabiliseer. In 'n normale jaar sou dit goeie resultate gegee het. Vanjaar word egter gekenmerk deur uiterste weer. Behalwe dat dit baie droog is, het ons al 'n hele jaar se wind in twee maande gehad. Die vrugte wat reeds geset het lyk egter nog baie goed.
Die blokke wat in 2013 en 2014 geplant is het ek opgelei. Ek het 3m pale gebruik. Twee pale is 'n ent van hulle voete af aanmekaar gesit en die bokant is oopgemaak en 'n plank ingesit om dit in posisie te hou. Nadat hulle geplant is en die ankerpale en ankers ingesit het het ek vier drade gespan. Die bome is oop gesnoei en ek het probeer om vier raamtakke op 'n kant was te maak. Dit was 'n redelike werk en het my arbeids koste vir die seisoen baie opgestoot. Ons het vandag die eerste keer blomme afgebreek in die boord. Dit gaan baie vinniger as in die vrystaande bome.
Ek sal volgende week 'n paar foto's opsit van die proses.
Wat die beplanning deel betref het dit meestal gehandel oor die FCM beheer. Kyk daardie mot laat 'n granaatboer sleg slaap. Vanjaar het ek besluit om die lyfband en kruisband vir hom te gebruik. Ek beveg hom van alle kante af. Ek het planne vir planne en as daardie planne nie werk nie het ek ander in plek. Dit help nie jy pak die probleem aan soos die Springbokke die wereldbeker aangepak het nie. Die ding moet jy van alle kante ag betrek. Dit is duur en miskien te duur, maar nie so duur soos om 'n klomp mooi vrugte weg te gooi nie.
Ek volg ook 'n nuwe kunsmis program vanjaar. Dit is baie meer gebalanseerd as die een wat ek laasjaar gebruik het en ek glo ek sal die vrugte daarvan pluk.
More is nog 'n dag en ek dink ek het genoeg woorde getik vir een dag.
Onthou as jy more oggend opstaan, elke dag is spesiaal, maar die een waarmee jy besig is, is die belangrikste. Moenie dat gister jou terughou en more jou bangmaak nie.
Granaat groete.

Monday, March 23, 2015
Die Suid - Afrikaanse granaat mark
Elkeen van ons ken iemand wat kleintyd 'n granaatboom in die tuin gehad het. Vertel nou maar net vir iemand jy boer met granate dan kom die nostalgiese stories uit. Die persoon het dan altyd iemand vir wie hy 'n granaat wil gee en as deel van bemarking gee ek maar alte graag.
Behalwe dit is 'n granaat ook baie gesond. Daarmee kan Google jou baie help. Dit is een van die super vrugte wat wêreld wyd al hoe gewilder raak. Suid - Afrika volg egter nie die tendens nie. Om die granaat boerdery in Suid - Afrika te laat groei moet ons die plaaslike mark laat groei, Daar is egter 'n probleem.
Hierdie foto's is aan my gestuur deur Schalk Meintjes vanaf Gauteng. Ek het ook al baie sulke foto's geneem. Die probleem is dat dit verskriklik swak kwaliteit vrugte is wat teen 'n buitensporige duur prys verkoop word. Wie is nou lus vir 'n vrug wat in so swak toestand is.
Ek raak so hartseer as ek in winkels sien hoe die rakpakkers met die vrugte werk. Op plaasvlak werk ons so versigtig. Elke vrug word individueel hanteer. Dit word saggies in 'n plukemmer gepak en daarvandaan word elkeen versigtig in 'n krat gepak. Die probleem is dat die mense nie die regte opleiding kry nie. Die vrugte word dan verkeerd hanteer en verloor kwaliteit.
Hierdie is een van my granate op die winkel rakke in Europa. Dit is iets wat 'n mens wil eet. Na 3 weke op 'n boot, op 'n vragmotor na die winkel en uiteindelik op die winkelrak is dit die kwaliteit. Hoekom kan ons winkelgroepe dit nie regkry nie. Hier kan dit dieselfde week as wat dit gepluk word op die winkelrak wees.
Dit is belangrik dat die mrk in Suid -Afrika groei. Ons sal dit net regkry as al die rolspelers en die verbruikers opgelei word. Ek sien uit na die dag wat ons vrugte rakke soos die in die foto hierbo lyk, en nee ons kry baie minder vir ons uitvoer vrugte as wat die supermarkte vra, so dit is nie 'n prys kwessie nie.
Gaan soek vir jou 'n lekker granaat en eet hom met smaak.

Monday, March 16, 2015
Die Wonderfull oes begin
Vanoggend was hierdie granaat boer moedeloos. Soos in nie meer lus vir boer nie. Die rede: Nadat ek so opgewonde was oor die Wonderfull oes, het die vrugte die naweek besluit om op groot skaal te kraak terwyl dit nie opgekleur het soos ek gehoop het nie. Ons het soveel vrugte weggegooi.
Later die middag het dit beter gegaan, Dit was net 'n paar rye wat so erg gekraak het. Waar ons nou oes lyk dit nog steeds goed. Ek sal steeds 'n goeie oes afhaal.
Boerdery is nie lig op 'n man se senuwees nie. Jy moet alle probleme so in die draf kan vat. Wat die ergste vir my is, is dat jy eers weer oor 'n jaar 'n kans kry om beter te doen. Vir 'n hele seisoen word daar gewerk en gestoei en eers oor 'n jaar kan jy sien of jy suksesvol was.
So dink mooi oor wat jy gedoen het, hoe jy dit dalk beter kon doen en watter ander dinge jy dalk kan doen. Probeer weer en wie weet, volgende jaar is dit dalk net jou jaar.

Friday, March 13, 2015
Kwekery
TOP Nursery, Die granaat kwekery.
Op Blydeverwacht is daar ook 'n granaat kwekery.In samewerking met 'n Israeliese groep kweek ons op die stadium drie kultivars van Israel.
Dit is die Acco 312, Hertzkovits 314 en die Wonderfull. Hier word plantmateriaal gebruik uit moeder blokke wat gevestig is uit plantmateriaal wat uit Israel kom.
Wanneer ons 'n behoefte het aan ekstra plante kan ons dit deur die winter in tonnels vermeerder. Ons kan dit egter ook buite doen deur die somer.
Die idee is om 'n deurlopende adviserende diens aan produsente te lewer.
Die kwekery het plantregte op die kultivars en dit mag slegs deur TOP Nursery vermeerder word. <et die aankoop van die plante word daar ook 'n ooreenkoms onderteken om dit nie self te vermeerder nie.

| Bome groei welig in die kwekery |
![]() |
| Kyk die aktiewe wortelgroei |
![]() |
| Gesonde bome |
![]() |
| Steggies uitgepak in die tonnel |
Die kwekery het plantregte op die kultivars en dit mag slegs deur TOP Nursery vermeerder word. <et die aankoop van die plante word daar ook 'n ooreenkoms onderteken om dit nie self te vermeerder nie.
Kom vra gerus hoe om 'n suksesvolle granaat boerdery te begin.
So lyk die Wonderfull oes.
Die oes lyk goed aan die bome vanjaar. Daar het egter al 'n klomp vrugte gekraak. Nadat ons laas Dinsdag temperature van meer as 40 grade gehad het het die vrugte ingekrimp. Die volgende oggend toe die bome begin water gebruik het van die vrugte gekraak. Hierdie week het ons soveel as moontlik van die gekraakte vrugte verwyder asook van die sonbrand vrugte. Dit sal hopenlik die boom instaat stel om die res van die oes groot te maak.
Vandag knip ons takkies en blare weg rondom die vrugte.Dit sal help vir beter kleur. Ons vul die kleur so egalig as moontlik om die vrug kry,
Wednesday, February 25, 2015
Die werk aan die Wonderfull begin.
Vandag 25 Februarie 2015 het ons begin om die Wonderfull oop te knip. Ja dit is nou die granate met die wonderlike naam met sy eiesoortige probleme.
Hierdie kultivar is baie meer gevoelig vir sonbrand as my ander twee kultivars. Die ander twee begin ons vroeg in die seisoen reeds oopknip. Dit is boere terme vir die verwydering van takkies om die vrug met die doel om skaafmerke te verminder. Die vrugte kleur dan ook beter. Met die Wonderfull kan ons dit nie doen nie. Wonderfull se vrugte bly baie langer groen as die ander twee. Solank die vrugte groen is, is hulle gevoelig vir sonbrand. Dus maak ons die vrugte eers oop as hulle begin kleur. Ons noem dit deurslaan. Om elke vrug word die takkies versigtig verwyder.
Vanoggend was ek seker dit was die regte tyd om dit te begin doen. Vanaand sit ek en wonder of ek nie dalk te vroeg is nie. As ek te vroeg is gaan die son baie skade aanrig. Nou kort ek 'n paar koel dae.
Jy sien, boerdery is genade en net genade. Dit is nie 'n vaste wetenskap nie. Ander het dit al beskryf as wettige dobbel. Met elke stap vat jy 'n kans, of soos die aandele beurs, hoe groter die potensiële inkomste hoe groter die potensiële risiko. In my terme, hoe makliker dit is om met iets te boer hoe minder geld is daarin.
Vanaand gaan ek berus by vanoggend se besluit. More gaan ek die dag aanpak as 'n nuwe uitdaging. Ek kyk vooruit na 'n Wonderfull seisoen vol belofte.
Solank daar hoop is, is daar rede om aan te gaan, en die hoop beskaam nie.

Tuesday, February 24, 2015
'n Moeilike seisoen!
Partykeer dink jy mens , nou het ek die resep gekry, nou weet ek hoe om dinge te hanteer, net om hard grond toe te kom. Vanjaar is een van daardie jare in die granaat bedryf. Na twee goeie seisoene het ek net begin dink ek weet nou hoe om met granate te boer.
Wel vandag kan ek verklaar ek het nog so 'n paar dinge om te leer. Kyk daar is net teveel faktore wat 'n rol speel. As jy teveel fokus op die een ding kan 'n ander ding jou byt. Almal weet reeds van die VVKM. Nee ek het nie verkeerd getik nie. Na dese noem ek hom die vervlakste vals kodlingmot. Kyk dat 'n mot nou soveel probleme kan veroorsaak.
Boonop het ek nou, met gevolge agter gekom dat die lang droë somer nog 'n ander uitwerking gehad het. Me die swaar drag op die bome het die warm dae van laas week sy tol geëis. Die bome het vog uit die vrugte getrek en skielike rypwording veroorsaak.
Nou kyk daar is sekere goed waarmee boere en dan nou ek ook baie goed is. Een daarvan is mos nou om te kla. Nou het ek ook seker genoeg gekla, want jy sien na dit als het ek nou al vanjaar net soveel Hertzkovitz geluk as laasjaar. Die uitpak sal nie so goed wees nie, maar die vrugte was daar en daar hang nog aan die boom ook. Verder is ek ook amper by dieselfde getal met die Acco as laasjaar en ek dink die kwaliteit is beter.
So hoekom kla ek: Want dit kon soveel beter gewees het.
Nog iets waarmee ons boere goed is, ons kan altyd vir mekaar vertel, volgende jaar, kyk nou net volgende jaar.
My gedagtes is al klaar aan die hardloop oor volgende jaar. Als wat ek anders gaan doen en beter gaan doen en reg gaan doen. Die planne hardloop soos 'n Tsunami golf hierdeur my kop. Nou moet ek net weer pasop, 'n ander man het my eendag vertel, boere is die beste obserweerders dis egter wat hulle met daardie observasies maak wat dikwels die probleem is. Laat maar die gedagtes rol en rol en moenie die eerste oplossing aangryp nie. Wie weet daar is dalk 'n baie beter een net om die draai.
More gaan ek weer 'n slag wyndruiwe oes. My buurman gaan met sy oesmasjien kom en hopenlik gaan ons sommer 'n graat stuk oes. As ek aan enige iemand 'n aanbeveling moer maak: MOET NOOIT WYNDRUIWE PLANT NIE. ALMAL BEHALWE DIE BOER MAAK GELD DAARUIT.
Nouja, more oggend 5h moet daardie masjien begin loop en ek het nog die maand se rekeninge om na om te sien.

Tuesday, February 17, 2015
Die seisoen begin.
Op Vrydag 12 Februarie 2015 het die granaat seisoen op Blydeverwacht begin. Ons het met die Acco begin. Dit is die kleinste van die drie kultivars wat ons verbou, maar dit is die soetste en die rooiste. Die ander twee kultivars is Hertskovitz en Wonderfull.
Nadat ons laasjaar geen probleme met FCM gehad het nie het ons gedink ons planne is reg en dat daardie probleme uitgesorteer is. Ons is egter nag ver van daardie punt af. Die FCM maak ons vanjaar weer lelik seer. Soos ook in 2013. Ons het die volledige program gevolg maar helaas die skade is daar. Nou is ons besig om virusse te spuit om larwes dood te maak en swamme te spuit om die eiers dood te maak. Waar is die dae toe boere nog swamme en virusse as hulle grootste bedreiging gesien het. Nou gebruik ons hulle.
Die vrugte wat reg is lyk egter mooi. Die grootte is reg en die eerste pluk se uitpak was 90%. Kan nie daaroor kla nie.
Ek is baie teleurgestel in die Hertskovitz. Dit was nog nooit my gunsteling kultivar nie maar vanjaar het hy my lelik in die steek gelaat. Daar is baie klein vrugte en vrugte wat te vroeg ryp is. Ek sal 'n plan moet maak met daardie vrugte.
Vandag was my kunsmis adviseer hier. Ons begin alreeds dink aan planne vir volgende jaar.
Nou moet hierdie boer eers gaan rus. More verjaar ek en ek het my kragte nodig.

Subscribe to:
Posts (Atom)