Friday, November 18, 2016

2016 Seisoen

18 November 2016

Snoeityd het gekom en gegaan. Planttyd is soos n droom verby. Die jong blokke het n opleistelsel gekry en is op drade vasgemaaak. Nou is die seisoen in volle gang. Op hierdie oomblok lyk dit of dit maar stadig aan die gang kom.  Die blomme is laat, die weer is koel en ons begin weekliks vrugte aan die bome tel.  Lyk vir my ons is 10 tot 14 dae laat.

Hier op Blydeverwacht en TOP Nursery stoomroller als egter voort.  Die wingerd werk is op skedule sodat alle aandag aan die granate gegge kan word sodra ons moet begin.  Ons het reeds die week begin om die trossies vrugte wat reeds geset het uit te dun.  Ons het dit net in die Hertskovitz en Wonderfull gedoen. Vir die Acco sal ek geduldig en in spanning wag tot Desember. Dit is nou een ding van die Acco, hy is geduldig om vrugte te vorm en ongeduldig om geoes te word. Wanneer die vrugte eers daar sit haas hulle hulle self ryp en kan nie wag in di ereis na Europa te onderneem nie.

Die Acco is my gunsteling kultivar.  Miskien is dit omdat ek maar een van daardie ouens is wat n uitdaging soek en aangry.  Dit is die kultivat wat die meeste siekte gevoelig is.  Dit sukkel ook die meeste om vrugte te set.  Kort raklewe.  Klein vrugte.  Tog is dit dié een waarvan ek die meeste hektare het. Hoekom? Wel die Acco hou my dieselfde tyd op my tone en op my knieë. Dit is goed!

As jy van uitdagings hou is die Acco vir jou.

Dit bring my by die Hertskovitz. Mooi en rooi. Groot vrugte.  Aantreklik en die een waarmee alaml wil boer.  Dit is nou tot jy hom moet oes en proe.

Kom ons praat eers van die oes. Dit verg presiesie, geduld en spoed. Nou hoe bring ek dit bymekaar.  Wel, wanneer jy hom te vroeg oes, sal geen mens hom wil eet nie. Wanneer jy hom te laat oes, gaan daar net so pap sopperige vrug in Europa aankom.  Die kuns lê in die lees van die kroon.  Ja jy het reg gelees. Die kroon moet ryp wees, maar oo weë as dit oorryp is en verlep gooi dit maar liewers aan die kant van die oseaan weg. Nou hoe lank is ryp en verlep uitmekaar.  Partykeer kan dit n paar dae wees en soms wanneer dit warmer is as wat dit moet wees kan dit een dag wees.  Ja, jy lees reg. Vandag het jy n gesonde vrug, môre het jy niks.

Al klink dit moeilik is dit nie die rede hoekom niemand hom meer wil plant nie. Die rede daarvoor lê in sy smaak.  Dit is n suur affêre. Kyk einlik is dit net die Russe wat van hom hou. Ek dink hulle hou ook maar net van hom omdat hulle anders wil wees.  Blykbaar gaan die suur pitte ook lekker saam
mer Vodka. Self het ek dit nog nie probeer nie.

No comments:

Post a Comment