Saturday, November 19, 2016

Wonderfull

19 November2016

Wonderfull is my derde kultivar op Blydeverwacht.  Ek dink op n stadium het granaat boere oor die wêreld n bietjie vasgehak by die naam Wonderfull.  Nou is daar n geweldige groot verskeidenheid Wonderfull kllone beskikbaar.

Die kloon wat ons het dra baie goed, het n mooi vruggrote en behaal n mooi rooi kleur.

Hoekom hou ek van Wonderfull?  Dit gee n baie hoë produksie per Ha. Groot vrugte wat die oes proses vergemaklik. Dit is baie minder siektegevoelig  as die ander kultivars. Die grootste voordeel is seker die langer raklewe.

Daar is egter n paar nadele ook.  Die grootste kopseer is sonbrand.  Hier in ons Wellingtonse son brand die vrugte baie maklik. Dit maak sulke swart kolle op die vrugte wat dit slegs geskik maak vir sap.  Verder is die vrugte geneig om te kraak. My uitvoerder beweer dat as 10  present van die vrugte gekraak het dan weet jy dit is reg om geoes te word.  Elke gekraakte vrug moet vir sap gelewer word en dit is n groot hartseer om vrugte so te verloor.

Wonderfull word ook die laatste geoes wat maak dat dit meer water gebruik as die ander kultivars.

Dit is egter goed om met meer as een kultivar te boer.  Dit verspreinjou arbeid en risiko.

Emek, Kingdom en Angel Red sit op die stadium in die paviljoen en wag.  Ek hoop om volgende jaar Emek te plant en dan later die ander twee.

No comments:

Post a Comment