Monday, November 21, 2016

Op die plaas

21/11/16

Ek kry gereeld die vraag: Wat doen julle nou op die plaas?  Oes julle al?  Ongelukkig bestaan ons jaar nie net uit oes nie.  Daar is 'n hele reeks aksies wat gedoen moet word om ons instaat te stel om wel te oes. Na die oes is daar weer 'n ander stel take wat moet gedoen word om te verseker dat ons wel volgende jaar sal kan oes.

Tot nou toe die seisoen het ons gespuit. Baie gespuit en nog 'n bietjie gespuit.  Moenie te bekommerd raak nie. Baie hiervan was biologies en ook organies. Die peste en plae is maar altyd met ons en ons en ons moet veg daarteen. Later meer hieroor.

Laas week het ons begin om waar twee of meer granate bymekaar geset het die ekstras uit te breuk. ons wil hê die granate moet enkel hang.  Ek het al tot ag granate gekry wat in n trossie hang.  Dit lyk mooi maar is nie werklik bemarkbaar nie. Aangesien die granate meer as een volblom het  sal ons dit nog so paar keer moet doen.

Hierdie week het ons begin om, om die granate oop te knip. Om een of ander rede dink die verbruiker dat 'n granaat met krapmerke nie so lekker is as een sonder krapmerke nie. Nou knip ons van die takkies naby die vrugte weg om krapmerke te probeer voorkom. Knip ons te min weg, krap die takkies nog steeds. knip ons teveel weg kan die son die vrug brand en dan kan ons net sap maak daarvan.  Dit is 'n werk wat met sorg gedoen moet word.  Hierdie werk moet ook herhaal word omdat die vrug weer nader aan takke sak soos dit swaarder word.

Laat ek liewer gaan kyk hoe die span vorder en of hulle reg werk.  Volgende keer meer oor peste en plae en plaerige peste.

1 comment:

  1. Hi Christo, ek is 'n mytkundige wat by die Landbounavorsingsraad werk. Ek is eintlik 'n taksonoom, maar kry ook dikwels gewasse met simptome en ek moet dan vasstel of dit deur myte veroorsaak is. 'n Rukkie terug het ek granaatmonsters van 'n boer naby Mariental gekry wat erg met Aceria granati (granaatrolblaarmyt) besmet was. Op die takke wat hulle vir my gestuur het, was die simptome baie erg, en was daar omtrent nie 'n blaartjie wat nie opgerol of misvorm was nie, veral in die nuwe groei. Nou het ek begin wonder hoe groot probleem hierdie myt in die granaatbedryf in Suid-Afrika veroorsaak. Ek het op jou blog afgekom toe ek op Google gesoek het na blaaie oor granaat in Suid-Afrika. My vraag aan jou: het jy enige probleme met die myt; beheer jy daarvoor; en het jy asseblief enige ander inligting oor die pes in Suid-Afrika, of kan jy my dalk nie iemand toe verwys? As jy dalk groot asb. na my e-posadres toe kan antwoord, sal ek dit baie waardeer. Ek is maar baie besig, en ek is net bang ek kom nie weer hier by jou uit nie. My naam: Charnie Craemer; e-pos craemerc@arc.agric.za Baie dankie!!!!

    ReplyDelete