Elkeen van ons ken iemand wat kleintyd 'n granaatboom in die tuin gehad het. Vertel nou maar net vir iemand jy boer met granate dan kom die nostalgiese stories uit. Die persoon het dan altyd iemand vir wie hy 'n granaat wil gee en as deel van bemarking gee ek maar alte graag.
Behalwe dit is 'n granaat ook baie gesond. Daarmee kan Google jou baie help. Dit is een van die super vrugte wat wêreld wyd al hoe gewilder raak. Suid - Afrika volg egter nie die tendens nie. Om die granaat boerdery in Suid - Afrika te laat groei moet ons die plaaslike mark laat groei, Daar is egter 'n probleem.
Hierdie foto's is aan my gestuur deur Schalk Meintjes vanaf Gauteng. Ek het ook al baie sulke foto's geneem. Die probleem is dat dit verskriklik swak kwaliteit vrugte is wat teen 'n buitensporige duur prys verkoop word. Wie is nou lus vir 'n vrug wat in so swak toestand is.
Ek raak so hartseer as ek in winkels sien hoe die rakpakkers met die vrugte werk. Op plaasvlak werk ons so versigtig. Elke vrug word individueel hanteer. Dit word saggies in 'n plukemmer gepak en daarvandaan word elkeen versigtig in 'n krat gepak. Die probleem is dat die mense nie die regte opleiding kry nie. Die vrugte word dan verkeerd hanteer en verloor kwaliteit.
Hierdie is een van my granate op die winkel rakke in Europa. Dit is iets wat 'n mens wil eet. Na 3 weke op 'n boot, op 'n vragmotor na die winkel en uiteindelik op die winkelrak is dit die kwaliteit. Hoekom kan ons winkelgroepe dit nie regkry nie. Hier kan dit dieselfde week as wat dit gepluk word op die winkelrak wees.
Dit is belangrik dat die mrk in Suid -Afrika groei. Ons sal dit net regkry as al die rolspelers en die verbruikers opgelei word. Ek sien uit na die dag wat ons vrugte rakke soos die in die foto hierbo lyk, en nee ons kry baie minder vir ons uitvoer vrugte as wat die supermarkte vra, so dit is nie 'n prys kwessie nie.
Gaan soek vir jou 'n lekker granaat en eet hom met smaak.
Monday, March 23, 2015
Monday, March 16, 2015
Die Wonderfull oes begin
Vanoggend was hierdie granaat boer moedeloos. Soos in nie meer lus vir boer nie. Die rede: Nadat ek so opgewonde was oor die Wonderfull oes, het die vrugte die naweek besluit om op groot skaal te kraak terwyl dit nie opgekleur het soos ek gehoop het nie. Ons het soveel vrugte weggegooi.
Later die middag het dit beter gegaan, Dit was net 'n paar rye wat so erg gekraak het. Waar ons nou oes lyk dit nog steeds goed. Ek sal steeds 'n goeie oes afhaal.
Boerdery is nie lig op 'n man se senuwees nie. Jy moet alle probleme so in die draf kan vat. Wat die ergste vir my is, is dat jy eers weer oor 'n jaar 'n kans kry om beter te doen. Vir 'n hele seisoen word daar gewerk en gestoei en eers oor 'n jaar kan jy sien of jy suksesvol was.
So dink mooi oor wat jy gedoen het, hoe jy dit dalk beter kon doen en watter ander dinge jy dalk kan doen. Probeer weer en wie weet, volgende jaar is dit dalk net jou jaar.

Friday, March 13, 2015
Kwekery
TOP Nursery, Die granaat kwekery.
Op Blydeverwacht is daar ook 'n granaat kwekery.In samewerking met 'n Israeliese groep kweek ons op die stadium drie kultivars van Israel.
Dit is die Acco 312, Hertzkovits 314 en die Wonderfull. Hier word plantmateriaal gebruik uit moeder blokke wat gevestig is uit plantmateriaal wat uit Israel kom.
Wanneer ons 'n behoefte het aan ekstra plante kan ons dit deur die winter in tonnels vermeerder. Ons kan dit egter ook buite doen deur die somer.
Die idee is om 'n deurlopende adviserende diens aan produsente te lewer.
Die kwekery het plantregte op die kultivars en dit mag slegs deur TOP Nursery vermeerder word. <et die aankoop van die plante word daar ook 'n ooreenkoms onderteken om dit nie self te vermeerder nie.

![]() |
| Bome groei welig in die kwekery |
![]() |
| Kyk die aktiewe wortelgroei |
![]() |
| Gesonde bome |
![]() |
| Steggies uitgepak in die tonnel |
Die kwekery het plantregte op die kultivars en dit mag slegs deur TOP Nursery vermeerder word. <et die aankoop van die plante word daar ook 'n ooreenkoms onderteken om dit nie self te vermeerder nie.
Kom vra gerus hoe om 'n suksesvolle granaat boerdery te begin.
So lyk die Wonderfull oes.
Die oes lyk goed aan die bome vanjaar. Daar het egter al 'n klomp vrugte gekraak. Nadat ons laas Dinsdag temperature van meer as 40 grade gehad het het die vrugte ingekrimp. Die volgende oggend toe die bome begin water gebruik het van die vrugte gekraak. Hierdie week het ons soveel as moontlik van die gekraakte vrugte verwyder asook van die sonbrand vrugte. Dit sal hopenlik die boom instaat stel om die res van die oes groot te maak.
Vandag knip ons takkies en blare weg rondom die vrugte.Dit sal help vir beter kleur. Ons vul die kleur so egalig as moontlik om die vrug kry,
Wednesday, February 25, 2015
Die werk aan die Wonderfull begin.
Vandag 25 Februarie 2015 het ons begin om die Wonderfull oop te knip. Ja dit is nou die granate met die wonderlike naam met sy eiesoortige probleme.
Hierdie kultivar is baie meer gevoelig vir sonbrand as my ander twee kultivars. Die ander twee begin ons vroeg in die seisoen reeds oopknip. Dit is boere terme vir die verwydering van takkies om die vrug met die doel om skaafmerke te verminder. Die vrugte kleur dan ook beter. Met die Wonderfull kan ons dit nie doen nie. Wonderfull se vrugte bly baie langer groen as die ander twee. Solank die vrugte groen is, is hulle gevoelig vir sonbrand. Dus maak ons die vrugte eers oop as hulle begin kleur. Ons noem dit deurslaan. Om elke vrug word die takkies versigtig verwyder.
Vanoggend was ek seker dit was die regte tyd om dit te begin doen. Vanaand sit ek en wonder of ek nie dalk te vroeg is nie. As ek te vroeg is gaan die son baie skade aanrig. Nou kort ek 'n paar koel dae.
Jy sien, boerdery is genade en net genade. Dit is nie 'n vaste wetenskap nie. Ander het dit al beskryf as wettige dobbel. Met elke stap vat jy 'n kans, of soos die aandele beurs, hoe groter die potensiële inkomste hoe groter die potensiële risiko. In my terme, hoe makliker dit is om met iets te boer hoe minder geld is daarin.
Vanaand gaan ek berus by vanoggend se besluit. More gaan ek die dag aanpak as 'n nuwe uitdaging. Ek kyk vooruit na 'n Wonderfull seisoen vol belofte.
Solank daar hoop is, is daar rede om aan te gaan, en die hoop beskaam nie.

Tuesday, February 24, 2015
'n Moeilike seisoen!
Partykeer dink jy mens , nou het ek die resep gekry, nou weet ek hoe om dinge te hanteer, net om hard grond toe te kom. Vanjaar is een van daardie jare in die granaat bedryf. Na twee goeie seisoene het ek net begin dink ek weet nou hoe om met granate te boer.
Wel vandag kan ek verklaar ek het nog so 'n paar dinge om te leer. Kyk daar is net teveel faktore wat 'n rol speel. As jy teveel fokus op die een ding kan 'n ander ding jou byt. Almal weet reeds van die VVKM. Nee ek het nie verkeerd getik nie. Na dese noem ek hom die vervlakste vals kodlingmot. Kyk dat 'n mot nou soveel probleme kan veroorsaak.
Boonop het ek nou, met gevolge agter gekom dat die lang droë somer nog 'n ander uitwerking gehad het. Me die swaar drag op die bome het die warm dae van laas week sy tol geëis. Die bome het vog uit die vrugte getrek en skielike rypwording veroorsaak.
Nou kyk daar is sekere goed waarmee boere en dan nou ek ook baie goed is. Een daarvan is mos nou om te kla. Nou het ek ook seker genoeg gekla, want jy sien na dit als het ek nou al vanjaar net soveel Hertzkovitz geluk as laasjaar. Die uitpak sal nie so goed wees nie, maar die vrugte was daar en daar hang nog aan die boom ook. Verder is ek ook amper by dieselfde getal met die Acco as laasjaar en ek dink die kwaliteit is beter.
So hoekom kla ek: Want dit kon soveel beter gewees het.
Nog iets waarmee ons boere goed is, ons kan altyd vir mekaar vertel, volgende jaar, kyk nou net volgende jaar.
My gedagtes is al klaar aan die hardloop oor volgende jaar. Als wat ek anders gaan doen en beter gaan doen en reg gaan doen. Die planne hardloop soos 'n Tsunami golf hierdeur my kop. Nou moet ek net weer pasop, 'n ander man het my eendag vertel, boere is die beste obserweerders dis egter wat hulle met daardie observasies maak wat dikwels die probleem is. Laat maar die gedagtes rol en rol en moenie die eerste oplossing aangryp nie. Wie weet daar is dalk 'n baie beter een net om die draai.
More gaan ek weer 'n slag wyndruiwe oes. My buurman gaan met sy oesmasjien kom en hopenlik gaan ons sommer 'n graat stuk oes. As ek aan enige iemand 'n aanbeveling moer maak: MOET NOOIT WYNDRUIWE PLANT NIE. ALMAL BEHALWE DIE BOER MAAK GELD DAARUIT.
Nouja, more oggend 5h moet daardie masjien begin loop en ek het nog die maand se rekeninge om na om te sien.

Tuesday, February 17, 2015
Die seisoen begin.
Op Vrydag 12 Februarie 2015 het die granaat seisoen op Blydeverwacht begin. Ons het met die Acco begin. Dit is die kleinste van die drie kultivars wat ons verbou, maar dit is die soetste en die rooiste. Die ander twee kultivars is Hertskovitz en Wonderfull.
Nadat ons laasjaar geen probleme met FCM gehad het nie het ons gedink ons planne is reg en dat daardie probleme uitgesorteer is. Ons is egter nag ver van daardie punt af. Die FCM maak ons vanjaar weer lelik seer. Soos ook in 2013. Ons het die volledige program gevolg maar helaas die skade is daar. Nou is ons besig om virusse te spuit om larwes dood te maak en swamme te spuit om die eiers dood te maak. Waar is die dae toe boere nog swamme en virusse as hulle grootste bedreiging gesien het. Nou gebruik ons hulle.
Die vrugte wat reg is lyk egter mooi. Die grootte is reg en die eerste pluk se uitpak was 90%. Kan nie daaroor kla nie.
Ek is baie teleurgestel in die Hertskovitz. Dit was nog nooit my gunsteling kultivar nie maar vanjaar het hy my lelik in die steek gelaat. Daar is baie klein vrugte en vrugte wat te vroeg ryp is. Ek sal 'n plan moet maak met daardie vrugte.
Vandag was my kunsmis adviseer hier. Ons begin alreeds dink aan planne vir volgende jaar.
Nou moet hierdie boer eers gaan rus. More verjaar ek en ek het my kragte nodig.

Subscribe to:
Posts (Atom)