Monday, December 12, 2016

TOP Nursery

12 Desember 2016

Vandag het n buurman van my n groot verandering aan sy boerdery gemaak.  Na jare se praat het hy die groot stap geneem om granate te plant. My eerste blok granate het ek ook middel Desember geplant. Laat ons nou maar eerlik wees, om bome die tyd van die jaar te plant in Wellington moet n man hare op jou tande hê.  Ek weet die man het hare op sy tande. Sterkte, mag jy baie geluk en vreugde oes en mag dit vir jou n finansiële sukses wees.

Wat is belangrik as mens bome die tyd van die jaar plant. Water, water en water. Los n dammetjie om die boom nadat jy dit toegemaak het en maak dit vol met n tuinslang. Kom weer dieselfde dag terug en maag weer nat.  Gooi dan die gat heel toe sodat daar nie vry water om die boom staan nie.  Die boom moet klam gehou word.

Dit is ook baie belangrik om n riet by die boom te plant en dit stewig vas te maak. Neem vooraf n besluit oor die bemestingsprogram wat jy gaan volg asook hoe jy die onkruid gaan beheer.

Wat gebeur hierdie tyd van die jaar in die granaat boorde?

Ek is nou klaar met die onkruid beheer.  Die boorde is mooi skoon. In ń droeë jaar soos vanjaar is dit veral belangrik om die onkruide weg te hou en so water te bespaar.  Met waterbesparing en onkruidbeheer in gedagte gaan ek ook die week kompos gooi op die bankies van die Wonderfull boord.  Ek het reeds vroeër vanjaar kompos by die Hertskovitz gegooi. Ek kan reeds die resultate daarvan sien.


Die kunsmis program loop ook nou voluit.  Ons maak nou klaar met die seldelings bemesting en gaan oor na die selvergrotings program. Van nou af gee ek meer Kalium en Calsium.

Die ander belangrike werk is om die FCM dop te hou. Die valle word gereeld nagegaan.  Ons spat nou elke 21 dae checkmate flo en sodra ons iets in die valle kry spuit ons.

Wat is nou belangrik?
Besproeiing: Maak seker jy gee genoeg en gereeld water.
Kunsmis: Die bome het nou die regte hoeveelheid kunsmis in die regte verhouding nodig om groot vrugte te vorm.  Moenie  van boor en sink blaarvoeding vergeet nie. Dit hou die skille elasties en verhoed dat die vrugte kraak, veral belangrik in Wonderfull.
Insekte: Kyk die valle gereeld en maak betyds ingeligte besluite.
Paulus: Soos hy gesryf het: BID GEDURIG!

Iemand sê eendag vir my, boere is die beste waarnemers, wat hulle met hulle waarnemings maak is waar dinge verkeerd loop.
Dus, neem waar, bepeins, beplan en laat dit gebeur.

Granaat groete